02 Oktober 2007
Sienende dat ek graag wil he jy moet Afrikaans en Engels kan praat, sal ek vir jou in beide tale skryf. Hierdie week het ek nie so lekker gevoel nie. Ek wonder soms wat maak jy hier binne in my maag? Ek is naar as ek my oe in die oggende oopmaak, tot laat middag toe. Dan voel ek bietjie (net bietjie) beter. Selfs jou pa sê hy voel naar!!! Kriewel jy baie rond? Dis reg so, jy moet oefen. Oefen al daai spiere!!! Jy gaan oor 8 dae soos ‘n mens begin lyk. Nou lyk jy nog soos ‘n buite-wêreldse gediertetjie, met ‘n stertjie en al! Maar dinge is vinnig besig om te groei. Jy ontwikkel nou verskriklik vinnig in my maag.
Ek kan nie wag om jou te ontmoet nie!!! Ek wonder soos wie jy gaan lyk, is jy ‘n seun of dogter, is jy gesond, wie se persoonlikheid gaan jy aanneem? Ek weet dis nog ver, ons moet eers deur hierdie 7 maande kom, maar dis lekker om te dagdroom.
Jou “gran” is in ekstase oor jou. Sy het al klaar die hele wêreld leeg gekoop. Jy sal sien, sy gaan jou nog baie bederf!
Jou ouma is net so opgewonde. Sy is meer van die “kom ons maak dit” tipe. So alles wat sy maak weet jy is met ekstra liefde gedoen. Sy is ‘n baie wyse vrou en jy moet eendag mooi na haar luister! Ek kan nie eers praat oor die oupas nie. Oupa Zak is ‘n verskriklike wyse man, en hy sal jou als van die “mysteries of the universe” leer. Ek het nogal baie van sy belangstellings. Grampy Charlie is die stil, maar ewig wyse een. Hy sal jou alles van masjiene kan leer. Hy werk met helikopters, en is ongelooflik handig. Vra hom enige iets en hy bou dit vir jou! Jou pa het sy breins gekry!
Nou maar daar het jy dit, ons sal maar moet sien soos wie draai jy uit, wie se streke neem jy aan en wie se wysheid sal jy volg.
Lief jou verskriklik!
Mams
O ja, hierdie is wat nou met jou gebeur:
Head and NeckBrain is well marked by its cerebral hemispheres. The hindbrain, which is responsible for heart regulation, breathing and muscle movements, begins to develop.Future lower jaw, the first part of face to be established, is now visible while future upper jaw is present, but not demarcated.Mesenchymal cells originating in the primitive streak, the neural crest and the prechordal plate, continue to form the skull and the face.External retina pigment is visible and the lens pit has grown into a D shape. Nasal pits are still two separate plates, but they rotate to face ventrally as head widens.
ThoraxPrimary cardiac tube separates into aortic and pulmonary channels and the ventricular pouches deepen and enlarge, forming a common wall with their myocardial shells. Mammary gland tissue begins to mature.Abdomen and Pelvic RegionsThe mesentery, which attaches the intestines to the rear abdominal wall, holds them in position and supplies them with blood, nerves and lymphatics, is now clearly defined. Ureter, the tube that will convey urine from the kidney to the bladder, continues to lengthen. Proliferation of the coelomic epithelium indicates the gonadal primordium.LimbsHand region of upper limb bud differentiates further to form a central carpal part and a digital plate. The thigh (rostrolateral part), leg (the caudomedial part) and foot areas can be distinguished in the lower limb buds.
Wednesday, 10 September 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

1 comment:
Liewe Caden,
Ek is baie bly jou ma herleef die jaar wat verby is. Die volle swang van God se misterie en wonders was toe al sigbaar.
Moet sê dit was vir my moeilik om te weet wie die meeste swanger was met jou: jou ma? hmmm..nee jou pa? hmmm?
Lief julle,
Ouma Rina
Post a Comment